Skorsing – ‘n Werkgewer se regte en meegaande verantwoordelikhede
Werkgewers behou die reg om een van twee tipes skorsings op te lê, mits die regte prosedure ten opsigte daarvan gevolg word. Sou daar versuim word om die regte prosedure te volg mag ‘n werkgewer moonlik skuldig bevind word van ‘n onbillike arbeidspraktyk deur die Kommissie van Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie. Ingevolge Artikel 186 [...]