Werkgewers moes al dikwels kopkrap oor die rede vir die volgende aanduiding as ‘Primary Issue’ op die kennisgewing van ‘n konsiliasieproses by die KBVA of Bedingingsraad: ‘64(1), 134 – Wages (picketing rules)

 

Artikel 69 van die Wet op Arbeidsverhoudinge is so tyd  terug (in 2017) gewysig om betooglinievorming of sommer die algemene verwysing as ‘picketing’ te verbied, tensy daar reëls vir so ’n betoog in plek is.

 

‘n KBVA kommissaris, of ‘n lid van ‘n bedingingsraad se paneel, wat ‘n verwysde dispuut deur ‘n geregistreerde vakbond beding wat tot ‘n staking mag lei, (gewoonlik  verwysings onder artikel 64(1), 134 , se taak is dan om eers te verseker dat so ‘n betoogooreenkoms in plek is, alvorens ‘n sertifikaat ter goedkeuring om te staak, uitgereik mag word. Indien daar geen bestaande stel reëls tussen partye bestaan of oor ooreengekom kan word nie, moet die kommisaris of paneellid so ‘n stel reëls opstel in ooreenstemming met Aanhangsel B van die  Goeie Praktykkode tot die WAV.

 

Hierdie bepalings vereis nou van ‘n kommissaris om dus,

  • In die afwesigheid van ‘n kollektiewe ooreenkoms,
  • Of ‘n skikkingsooreenkoms waarin die betoogliniereëls uiteengesit is,
  • Die betooglininiereëls skriftelik uiteen te sit tergerlykertyd met die uitreik van ‘n sertifikaat om te staak. Of in die geval van ‘n ooreegekome ooreenkoms, daardie ooreenkoms te liaseer onder die betrokke saaknommer.

 

Die volgende sake moet in die ooreenkoms aangespreek word;

  • Kennis aan werkgewer, derde partye en die SAPD en toestemming van partye,
  • Die oorgaan tot geheime stemming van lede, waar dit verpligtend is volgens die vakunie se grondwet,
  • Die getal stakers wat aan die betoging mag deelneem,
  • Aanstel van toesighoudende beamptes (marshalls) en wyse van kommunikasie met die partye wat deur die betoog geraak word,
  • Afbakening van die gebied waar die betoog mag plaasvind,
  • Die tye wanneer die betoog sal begin en eindig en mag plaasvind,
  • Huishoudelike reëls, bepalings oor die toelaatbaarheid van sekere gedrag, bv die vertoon van plakate, slagspreuke, sang- en dansrituele, ens.
  • Die gevolge van die nie-nakoming van die reëls, intimidasie en beskadiging van eiendom.

 

Die byvoeging van artikel 95(9) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, maak dit nou verpligtend vir ‘n vakbond of werkgewersorganisasie wat aansoek doen om registrasie, om ‘n bepaling in hul grondwet in te sluit dat, voordat lede tot staking oorgaan, eers ‘n geheime stemming per stembrief gehou moet word.

 

Artikel deur: Maretha van Rooyen

Dispuutoplossingsbeampte – Durban